Dit het so n bietjie koeler geword en vanoggend het daar selfs n paar druppels geval.
Satara is bekend vir sy leeus maar ons was nog nie gelukkig genoeg om baie te sien nie. Het wel cheeta gesien wat n bok probeer vang.
n Mens ontmoet die intereressanste mense oral waar jy in die kampplekke kom en sommer gou gou word daar saam gekuier. Hier oorkant my staan n boer van Kestel en sy vrou maak die lekkerste mieliepap ! Hy drink net whisky op ys ! Anderkant staan n afgetrede ex Nissan ingenieur maar hy ry n Prado ! Hy het selfs sy eie ysmasjien saamgebring ,dus is ons nooit sonder ys nie.
Ons reiswa is so populêr dat ek nou al vir Jan Swart my buurman aangestel het om n besigtigingfooi te vra vir die mense wat wil kom kyk. Ek gee hom 10 persent van die opbrengs !
Dan is daar die Gautengers met hulle 4x4 s.Die outdoor winkels in Gauteng moet n fortuin uit die ouens maak met die toebehore wat die manne koop. Dit is n belewenis om dit te sien. Dit lyk of elke ou gereedmaak om ten minste Kairo toe te reis.
Hier eenkant staan n oompie met sy iets in die sewentigs se Nissan 2.8 Skyline met so n ou blou Sprite karavaantjie van die laat sestigs. Sy kar se nommer is CY 7943 . Toe dink is so , ja die mense van die Kaap is nie so welvarend nie maar daai oomie slaap seker baie rustiger as al die ouens met die fancy rygoed. Maar julle kinders moet nie worry nie die Ou Ballies slaap ook rustig want ons Ducato is kontant gekoop met jul erfgeld !!
Hulle sê mos daar is drie gelowe : Protestans, Katoliek en dan die Toyota geloof. Dit sien mens duidelik op die paaie en veral hier in die kampe. Dis of n Land Cruiser of n Prado of n Fortuner ( wat die heel populêrste is ) en dan die menigte Toyota bakkies. Ek het nog nie eenm Range Rover gesien maar wel drie Discovery ' s. Die ou met die ML sê hy ry nie grondpaaie nie want hy is bang die lugsuspensie breek en dan moet hy agterop n lowbed Pretoria toe gaan. Sy vrou was laas baie omgekrap toe die lowbed hulle voor die huis aflaai met al die bure wat toekyk.
Die grondpaaie hier word nie goeg onderhou nie en het diep sinkplaat. Dit skud laat dit bars en met die reiswa waar jy al jou goed met jou saamry moet jy leer hoe om te pak,om al die rattles minder te maak . Ek het nou die banddruk na 2 bar verlaag en dit maak n groot veskil.
Nou ja dis eers al vir nou. Ons vertrek Saterdag na Onder Sabie vir drie dae en daarna na Berg en Dal vir twee daie voordat ons op die 8 ste oppak.
Ek is oor eending spyt. Daar waar ons by Komatipoort wegdraai Swaziland toe is Mapoto slegs 94 km verder. Ek het nie my motor sy registrasiepapiere by my nie anders sou ons gaan prawns eet het in Mozambiek.