Ek lees van Vrystaters aan’ie Weskus wat wil kreef maak. Heel reg so. Maar om kos te geniet, is gemoedelikheid en kultuur tafelmaats. Is soos brannewyn. Mens moet gemaklik raak met hom, onpretensieus, jouself oorgee om ingelyf te word, dat ‘jy’ asitware ‘self’ uit die prentjie verdwyn. Annerster as ene gril . . . tensy daar ‘n ervare eter is, wat die origes, kan deurtrek.
Sonie moet mens brannewyn, maar eers met Coke vat. Andre P Brink skryf, so, as jy nog skepties en oningewy is. En soos mens meer vertroud raak dan met water en as julle gebond het, skoon. Teen liggaamstemperatuur. In ‘n bolglas. [Wat gewarm is tussen die dye van ‘n vrou, Ouboet?]
Dis na ryk uiteet, medisyne, het Piet Strauss my geleer.
Maar so staan ek by Danie du Toit, van toemalige NCD, na ‘n middagvergadering met alle takbestuurders, buite by die drie halfdromme kole, in
Pietermaritzburg.
Die manne van die Vrystaat is vleiseters. Skaapjobs en bees en wors, met pap en tamatie en uie. Hulle braai vinnig. “Bring water. Water!!”word geskree. Die vlamme
is bo-oor’ie vleis. Ervare bierdrinkers tree trug. Ek sien hoekom, soos wat van die braaiers sommer die naastes se bierblikke gryp en die vlamme gooi.
En dan kom die water. En die braaiers praat hard om verleentheid te stil. “Nee, pappa. Ek vat’ie kak van ‘n vlam affie. Nie ekke nie.” Die kole is nou op daai kol
sopnat dood.
Nou moetie rooster gelig word, om anner kole aan te krap. Die man met’ie rooster verrek sy nek, soos wat hy wat hy ‘weg’ van’ie hitte af. Die krapper vat, vat en
breek telkens weg. Anner druk hom trug. Die hele gedoente ritme op “fok.” En “fok.” Bo oor uitie bakkie uit waar Stoutgat amekaar op CD, vra: “Wat soek jou boude in my venster bank?”
Ek tree met die gedoente onbewustelik bietjie vir bietjie trug. Vat ek vir Toit so saam. Tot waar ons mekaar kan hoor.
Ons het nou wyn. Ek sê hom: “Dáái wat hulle sê ‘mens leer mens op’ie gholfbaan ken is’ie vir my saam nie. Dis met braai saam wat mens, mens leer ken.” Hy kyk my met
sy wenkbroue wat òptrek teen sy kop. Ek verduidelik: “Daai manne is te haastig man. Daai kole is eers reg vir begin braai, as hulle klaar gebraai het.”
Hy skud kop en tree nader, tot onner my: “Lotie, laat ek jou nou vannand ‘n ding saamleer, oor vuur. Dis’ie ‘ie vurie. Dis die bliksems wat braai.” Ek vra: “Nou
weet jy my vertel lat daai vuur’ie te warm is’ie?”
“Presies hy my, ek sal vi jou hoener op daai vuur gaar maak,”tree hy van my af trug en sta my uitdagend en kyk. En ek hom.
Dit was’ie tyd van’ie tweede generasie selfone. Hy vat syne en bel: “My Skat, hierie donnerse Loots glo my’ie. Bring tog vir my hienatoe ‘n hoener en’ie anner goed.
Ek wil hom vannaand sy vinger raak sien byt.”
Ek sê, “my donner Toit. Dat Martie jou nog’ie gemoer het’ie.”
Hy sê: “Loots ek kan jou vertel tot ek blou is, dan sal jy my nog’ie glo nie. Jy’s mos een van daais vi wie mens moet wys. Sal jy my glo as ek jou sê, ek braai
hoener op ‘n vytelling vuur, vi 25 minute, sonner brand. Sal jy my glo?”
Ek kyk hom net. Hy sê, “sien. Sien. Dis die jy gaan hom vannaand maak,” beduie hy my met’ie wynglas saam.
Martie kom. Gee aan. Smile. En maak spore uit’ie lawaai, en’ie manne wat nou saamgepak om Stoutgat om’ie bakie sta.
Toit vra ‘n man om nog kole op ‘hier’ie braaier te goi’ en hy wys. Ek en hy is met’ie mandjie in.innie kombuis’ie pak hy uit:
“Goed, Lotie, my ou maat. Lat jy jouself besig kry. Goi nou’ie olyfolie in daai bakkie. So ‘n halwe koppie.” Ek maak so. Hy kyk oor. “Nee, nog ‘n bietjie . . . yes,
dit lyk beter.”
Hy is besig metie knoffel, om af te dop en met die mes saam stukkies te sny en fyn te druk.
“Nou ka jy so ‘n heelhand vol va’ ‘aai growwe sout by’ie olyfolie goi”, hy my wat hy sy hanne was. Hy trek’ie laaie oop. “Wat soek jy?” “Teelepel, ma vat ma met’ie
oog saam. So 3 telepels Peri-Peri in jou hand.” Ek wys hom, hy knik. Eers en dan: “Nee, ek dink nog so ‘n ekstratjie, sal beterder wees.”
Ek sê hom: “Hey pellie, jy moetie soos ‘n virgin sta wees wat wil, ma jy wetie of jy moet’ie.” Hy sta vooroor by die wasbak en lag. “Fok Loots, waar de donner kom
jy nou weer aan die ene. Ma nee ek sal hom onthou: Moetie soos ‘n virgin wees, wat wil maar . . .” hoe kyk hy my? “ma nie weet of sy moet’ie!” Beaam hy agter my aan en lag eers weer.
Daar’sie lepelgoetie. Hy meng die bakkie se goed deurmekaar met sy regterhand en vat wyn dommerig met sy linker ene. Hou dit in sy mond. Spoel met bolwange en klap
soos hy my kyk en sy kop trug goi, agter toe.
“As jy nou vir ons die rooster ka afspoel en die keerdeel hie’so op’ie wasbak sit. Dan kan jy’ie hoener sny.” Ek maak so en sit’ie hoener op sy rug. “Woh, woh. Nee
op sy rug. Mens sny hom op sy rug, lat hy so plat soos ‘n platanna lê.”
Ek skud kop maar volg en toe ek hom deur gesny het en omdraai-platdruk, toe’sit kompleet platannaparra, met’ie vlerkies agter toe trug, uit gevou.
“Dankie, Lota, ek sal hom nou vat, da ka jy kyk.” Toit smeer daai hoener met daai olyfolie-sout-knoffel-periperi saam òòr en òm en n en wèèr en wéér. Dan gaan sy
eenhand oor’ie keerkant van’ie rooster en hy sit daai hoener neer en spalk hom oop. Die vasdruk kant word ook gesmeer en bò-op ingesit en dan wor’tie handvatsel met’ie lis saam
vasgedruk.
Hanne word weer gewas. “Soja laat ons nou daai vuur loop kyk. Jy moet eerste tel. Dan sal ek kyk.”
Ek sê hom “fokkies Toit, dis steakbraai vuur hier’ie.” “Presies, kyk hoeveel jy tel, hou jou hand net bo’ie rooster.” Ek vra eers nog vir wyn. “Daai kole ‘hulle het
nog’ie eers assie nie, man, dis pure vuur.”
Toit druk ‘n rukkie later, weer. Ek ga nader, en hou my hand. “Een, twee, drie, vier,” tel hy toe ek wegruk en die gloed uit my hand uit probeer te skud. Hy lag en
loop haal die hoener. Kom met’ie bakkie saam.
Hy vra “tyd?” Ek: “half nege.” Hy sit’ie boudjie kant onner, vir ‘n rukkie, drup so bietjie van die oorbly olie hier en daar. Dan draai hy die rooster. Die
bout’jies word ook weer gedrup en die bietjie olie is nou op.
Ek staan getoor. Oor hoe daai hoener ‘kook.’ Met elke omdraai wort’ie roosterklappe los gemaak en die bodeel opgelig. Ritmies, soos met snoek saam.
Tussendeur kom Toit nader aan my sta en stamp, stamp met sy skouer. So, sonner praat, vra hy ‘woord. Woord.’ Ek sê, “Toit nee ek moet bieg. Ek sou jou nie geglo het
nie,” toe hy vyf voor nege daai hoener afhaal en met suurlemoen bedrup. So sag, so sag. Het baie mense my in ongeloof geprys, soos ek vir Toit daai aand.
Geniet’it! Want eks nou so lus. Ek ga nou hier praat dat ons vannaand, weer so ene maak.