Gister vertel Steven Carelse my die storie van Noortjie wat al die jare die tee vir die grootbaas gemaak het. Na dertig jaar diens tree Noortjie toe af en op sy afskeidspartytjie kry hy n goue horlosie. Almal prys vir Noortjie omdat hy so n goeie werker was.

 

Die grootbaas vra toe : " Vertel ons vandag Noortjie, wat is jou secret dat jy al die jare my tee teen die twaalf trappe opgedra het sonder om in die piering te mors en die koppie tot bo vol op my lessenaar kom neersit ?"

 

Nei kyk Masser, die move het soe gewêk. As ekke die eerste trappetjie onner vat dan stop ekke eers en vat a groot mondvol tie. Dan loep ekke die trappetjies opper en as ekke boe op die landing kom kan spoeg ekke weer die tie trug!"