Ek loop by Laaiplek, Velddrif tussen die vistreilers wat in so ʼn ry agter mekaar voor anker lê. Toe dink ek terug aan die dag lank gelede in Meimaand 1958 saam met Oupa Koos. Hy koop vis om te smous. Die reuk van gebraaide vis dryf op die Noordewindjie en ons loop agter die reuk aan. Ons kry drie vissermanne, met wolmusse op hul koppe, wat agter ʼn omgedopte roeibakkie groot vet maasbankers op ʼn handgemaakte draadrooster braai. Die vet drup op die

 kole en maak so ʼn blou damsel wat op die Noordewindjie dryf. Hulle gee ʼn gebraaide vis aan. Oupa breek dit middeldeur en ek kry die stertkant.

 

Hy suig eers die kop uit. Die vet loop oor sy ken en drup voor op sy kakiehemp. Hy vee sy snor met die agterkant van sy hand skoon.

 

Wat vra julle vir ʼn streepsak maasbankers ?