Ek loop by Laaiplek,,Velddrif tussen die vistreilers wat in so ʼn ry agter mekaar voor anker lê.Toe dink ek terug aan die dag lank

 

gelede in Meimaand 1958 saam met Oupa Koos. Hy koop vis om te smous. Ons ruik gebraaide vis. Loop agter die

 

reuk aan. Ons kry drie vissermanne wat agter ʼn visbakkie groot vet maasbankers op ʼn draadrooster braai. Die vet drup op die

 

kole en maak so ʼn blou damsel wat op die Noordewindjie dryf. Hulle gee een aan. Oupa breek dit middeldeur en ek kry die

 

stertkant.

 

Hy suig die kop uit. Die vet loop oor sy ken en drup voor op sy kakiehemp. Hy vee sy snor met die agterkant van sy hand skoon.

 

Wat vra julle vir ʼn streepsak maasbankers ?