As julle my nie op Skype herken nie, hier is die rede:

 

 My hare is lank en het n sny nodig voor Kersfees. Ek bel vir Boris maar hy is vol geboek tot Kersfees. Hulle sal laat weet as daar moontlik n kansellasie kom.

 

So stap ek saam met Martie om vir haar tekkies te gaan koop. Dis nou Donderdag. Ons stap by een van daai haarsnyplekke verby waar die manne van Moroko of elders kom. Toe hulle sien ek steek so effens vas om te loer , kom die main ou uit en s ek moet binnekom. Hulle sal my hare vir R100 sny. Ek s vir Martie sy moet solank loop ek gaan hier n kans vat.

 

Sy se ek moenie want onthou ek nie vir Ron McLaren wat sy hare vir R20 by die Nigerian op Bettysbaai laat sny het nie. Toe hulle weer in die Kaap kom wou hulle hom nie in sy woonkompleks toelaat nie en moes Erna spesiale papiere teken om te se dis haar man ! Hy moes ook vir n hele week met n Deerstalker op sy kop werk toe sodat sy kantoor eers weer gewoond kon word aan hom.

 

Maar ek luister mos nie! Ek gaan sit. n Jongerige man gooi n wit laken met bre rooi strepe oor my en knoop my nek styf toe. Hy vra vir my of ek n Cuppocino wil h . Ek s nee dankie want ek dink by my selwers hoe sal ek nou die koppie by my mond kry met my hande onder die laken. Waar hou ek die koppie? Ook onder die laken ? Ek kyk om maar sien nie vir Martie nie ? Moet ek begin hardloop ?

 

Ek vra waar kom jy vandaan ? Algeria se hy. Toe begin ek worry. Is dit dan nie hoeka Gadaffi se wereld nie? Ek loer om te sien of hy een van daai lang skeermesse op sy tafel het maar sien niks. Hy dra ook nie n mes aan sy lyfband nie. Ek ontspan.

 

Nou beduie ek vir hom om my hare net effens te trim anders bederf hy Boris Brand, my persoonlike hair stylist ,se haarstyl waarmee hy al n hele jaar aan werk. Hy s net Yes - Yes . Hy begin met so n lank sk r hier agter aan die dikhare knip en dit lyk of die man behendig kan wees.

 

Ek praat weer met die ou maar hy s net aanmekaar Yes-Yes . Toe kom ek agter maar dis al wat die man kan s en verder verstaan hy glad nie Engels nie. Al daai beduiery van my hoe effens hy my hare moet sny het op dowe ore geval!

 

Ek kyk weer rond maar sien nog nie vir Martie. Waar sal my hulp vandaan kom ?Intussen kom hy met daai langsk r hier linksom en jy sien net hare waai. Nou weet ek hoe my vriend McLaren moes gevoel het maar hy kon darem ten minste na African Beat agtergrond musiek luister. Ek praat en beduie maar hy kom. My kop raak nou al hoe kaler aan die eenkant.

 

Ek kyk na my self in die spie l en kry so n lam gevoel in my bene. Te laat my broer!

 

Ek is nou in die helfte gesny. Die linkerkant lyk nou soos Algeria en my regterkant lyk soos ek vanoggend gelyk het.Vars uit die Sandveld. Net toe kom Martie ingestap. Ek kan sien sy lyk geskok maar probeer dit wegsteek. Sy kom staan hier langs die stoel en begin vir die man te beduie deur hier te druk en daar te beduie. Ek pleit dat hulle nie alles moet afsny nie want ek moet nog juis saam met die McLarens en hul kinders van Engeland gaan Krismis maak. En wat sal Jan-Chritiaan s ?

 

Die man is egter bedrywig en sny wenkbroue , oorhare en oral waar hare uitsteek. Ek kyk na myself in die spieel en dink: Oom Kleinman van Zyl, die haarkapper van Hopefield, sal nou baie trots gewees het as hy my nou moes sien. Dis hoe hy al ons seuns se hare destyds in 1958 gesny het. Al verskil nou is dat ons destyds nog hare gehad het!

 

Die hoofman bied weer vir my n Cuppocinno aan en s hy sal sommer ook my oor en neushare wax. Ek klim lammerig in die Subaru.

 

Toe ons terug by die huis kom staan en blaf Tjokkie, ons bure se worshond vir my. Iets wat sy nog nooit van tevore gedoen het nie. Toe weet ek!

 

Vanoggend hier kwart oor agt bel Boris se haarstudio my. Ek kan maar kom, daar was n kansellasie. Nou is ek vir tien dae in in selfisolasie.

 

Groete,